Het ons regtig spraakvryheid?

Iemand sê nou as ‘n mens nie saamstem met die huidige bestel nie, moet jy emigreer. Ook word kritici van die ANC-bewind “spraakvryheid” gegun solank hulle nie “rassisties” raak nie.

Maar is dit nie waar dat spraakvryheid soos dit aan ons voorgehou word bloot ‘n leë slagspreuk is nie? Geen van die ekstreemlinkses (oudterroriste) of hul liberale juigkommando heg enige waarde aan vrye meningsuiting nie. Selfs die onskuldigste uitlatings of argumente word gesensureer. Neem byvoorbeeld my besoek aan die Stellenbossse Woordfees in 2005 om oor my grootliks apolitiese roman wat in die Paryse moltrein afspeel te gaan praat. Histeriese linkses het 1) geëis dat ek op die kampus en selfs die dorp van Stellenbosch verbied word; 2) my met geweld gedreig! Ek is seker die Sowjetunie onder Stalin was in baie opsigte meer verdraagsaam, want Stalin het nie baie van die Russiese skrywers gehou nie, maar glo gesê: “Ons het nie ander skrywers nie, laat hulle dus maar begaan.” Dis dié dat daar nou gedreig word dat hulle al die “rassistiese” kommentaarblaaie gaan sluit, want as jy van die ANC en SAKP se wêreldvreemde marxistiese idees oor witskuld en die uitbuiting van werkers “deur die eeue” verskil, dan is jy per definisie ‘n rassis! Wat emigrasie betref: Ek wonder altyd waarom al die ekstreemlinkses nie Zimbabwe toe gaan nie? Die utopie bestaan dan reeds onder Mugabe: geen blanke grondbesit, die diktatuur van die proletariaat soos Marx en Engels dit voorsien het en alle “regse” menings is reeds lankal verbode. Soos ek jare gelede egter geskryf het: die linkses wil hul piesang hê en hulle wil hom eet! Hulle wil in ‘n kommunistiese diktatuur lewe maar steeds Europese luukse-handsakke teen R20 000 elk koop en in miljoenrandplusmotors op die belastingbetaler se koste rondrits! Ongelukkig is hulle ook te dom om te verstaan hoe die internet werk en gaan hul pogings om ons te sensureer nie ver kom nie, net soos wat ek uiteindelik op Stellenbosch wel oor my roman gepraat het.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *