Piet Croucamp en ander antirassiste hoort in kamer met sagte mure

Hierdie poging op Netwerk24.com om Steve Hofmeyr en andersdenkende skrywers en sangers swart te smeer deur hulle as rassiste uit te skel, is beslis georkestreer. Die enigste vrye media in Suid-Afrika is ons wat op die internet skryf; die dooieboommedia is almal op een of ander manier in die greep van die ANC of SAKP en wil desperaat graag meningsvryheid onderdruk. Croucamp het geen ontleding om aan te bied nie en weet van die akademie of politieke teorie net mooi niks. Al waarin hy uitmunt, is in verdagmakery en die swaai van die “rassis”-teerkwas. Soos die sakeman Johann Rupert onlangs gesê het: “As jy in die land nie met iemand saamstem nie, dan noem jy hom ’n rassis.” Hulle behoort die hele spul in ‘n vertrek met sagte mure op te sluit waar hulle die heel tyd “Jy’s ‘n rassis!” of “Nee, jý’s ‘n rassis!”, “Nee, ek het dit eerste gesê!”, ens., op mekaar skree, dan is ons ontslae van hulle vervelige, verdommende teenwoordigheid.

Lees ook die res van my kommentaar oor spraakvryheid.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *