Iemand op Netwerk24 beskulding my daarvan dat ek “ongelukkig” is. Ek is nie persoonlik ongelukkig nie. Maar raak die feit dat Suid-Afrika in wanorde en ekstremisme verval het nie ons almal nie? Destyds is Jaap Marais en vele ander sg. “regses” uitgelag toe hulle voorspel het dat die NP aan die ANC en SAKP sou oorgee en dat ons uiteindelik nasionalisering, onteiening van grond en rassistiese wetgewing teen blankes gaan verduur.

Ongelukkig is die gemiddelde Suid-Afrikaner en Afrikaner baie oningelig oor die geskiedenis en die politiek. Hulle was destyds beangs oor die “rooi gevaar”, maar is nou onbewus van hoe die vernaamste kenmerke van marxistiese denke oral in ons land toegepas word. Dit strek vanaf “gelykheid” tot die begrip “transformasie” wat jare gelede al deur SA kommuniste as ‘n sinoniem vir “revolusie” gebruik is.

Daar is vele werkbare oplossings vir Suid-Afrika, maar nie een van hulle is tans haalbaar nie. Ons is deur ‘n klein groepie radikale, enersyds, en dommes andersyds (De Klerk, Roelf Meyer) in ‘n drukgang na revolusie geplaas. Dis ‘n bietjie soos daardie roman deur Marquez: “Kroniek van ‘n aangekondigde dood”. Ons weet reeds wat die uiteinde gaan wees (‘n Zimbabwe), maar ons hande is afgekap. Dit help nie mens skree op die slaapwandelaars rondom jou nie. Hulle sien niks raak nie en stel ook nie eintlik belang nie. Rugby of inkopies is interessanter, totdat hulle by ‘n verkeerslig gekaap of doodgeskiet word.

Iemand het eenkeer dié tropmentaliteit vergelyk met dié van rooibokke. Af en toe vang ‘n leeu of ‘n luiperd een van hulle en dan spat die trop uitmekaar en hardloop vir ‘n vale. Maar ‘n paar ure later wei hulle weer lekker rustig, met die slagoffer in eie geledere lankal reeds vergete.

In ‘n land wat al hoe dierliker word, is ons inderdaad daartoe verdoem om “diere van die demokrasie” – wat ook die titel van ‘n lang vergete Nederlandse digbundel deur Lucebert is – te wees.

Join the Conversation

1 Comment

  1. Deurdat hier nie Afrikaans maklik te hoor is nie, gaan ek gister toe op RSG om bietjie te luister. Die omroepster was toe net besig met n praatjie waar Roelf Meyer oor die lug vertel het in antwoord op iemand se vraag. Sy antwoord is die gewone een wat hierdie mense
    alewig gebruik, dat Mnr de Klerk en die regering kon nie anders nie!
    Mense wou nie weet om ondersoek self in te stel om uit te vind wie iemand werklik is nie, want dit word nie toegelaat dat daar politiek in ons huis gepraat word nie Al hoe n mens kon uitvind wie eintlik wie is.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *