Sebastian Vettel het Sondag sy tweede oorwinning van die Formule Een seisoen behaal toe hy op sy tyd die Hongaarse Grand Prix gewen het.
Agter hom het die vonke egter gespat. Red Bull se Daniil Kvyat het sy eerste podium-plek vanjaar verseker met sy spanmaat, Daniel Ricciardo, wat botsings met albei Mercedes-motors oorleef het om derde te eindig.
Mercedes het ‘n rampspoedige dag beleef. Lewis Hamilton, wat voor weggespring het, het uiteindelik sesde geëindig terwyl sy spanmaat, Nico Rosberg, met die agtste plek tevrede moes wees.