Klippies en Coke maak jou slim?

Posted by Dan Roodt | Sonder kategorie | Saterdag 16 Januarie 2010 10:42 am

 Powered by Max Banner Ads 

By alles wat vandeesweek oor volkstate gesê is, dié kostelike paragraaf van Gerhard du Toit op Beeld se kommentaarfunksie:

“Om te dink daar word soms na die mense soos wyle Chris Louw, Breyten Beytenbach, Max du Preez, Antjie Krog en ander in dié verband as intellektuele verligtes verwys. Hulle wat destyds nie kon sien ‘n totale oorgawe gaan ‘n gemors wees nie en nou weereens die laaste is om tot die besef te kom dat die situasie uiters benard is. Hoe naïef/dom/blind moet jy dan wees om as ‘n intellektuele verligte beskryf te word? As ek dit nie mis het nie, het die intellektuele verligtes (lees naïewe blindes) destyds groot gewag gemaak van die feit dat hulle meer as een keer en meer as genoeg whiskey saam met die ANC-amptenare geteug het. Wonder nou maar net, moet almal nie maar eerder by brandewyn bly nie, lyk my dit is meer bevorderlik vir die intellek.”

Repliek op Chris Louw se laaste rubriek in Beeld

Posted by Dan Roodt | Briewe en polemieke | Woensdag 2 Desember 2009 2:47 pm

Ek was gister uiters geskok om dié nuus te hoor, aangesien Chris ‘n vriend van my was en ek nog onlangs met hom oor die telefoon gepraat het. Vir wat dit werd is, het ek ‘n reaksie op www.praag.co.za geskryf.

Maar ek stem saam met Rina hierbo dat Chris die volkstaatbegrip misverstaan. Dit gaan nie om ‘n suiwer blanke apartheidstaat nie, maar om ‘n Afrikanervolkstaat waarin:

1. Afrikaans die enigste amptelike taal sal wees met Afrikaanse skole, universiteite, howe, media, teater, ens.

2. Afrikaners in die meerderheid (70-100%) sal wees en dit baie moeilik sal wees vir nie-Afrikaners om burgerskap te verkry (‘n bietjie soos Switserland of Japan).

Die lewe in die volkstaat sal baie soos die lewe in die huidige Pretoria, Bloemfontein of Suidkaap wees, behalwe dat die openbare taal Afrikaans sal wees en dit veilig sal wees. Daar sal ook beter standaarde vir argitektuur, gesondheid en die omgewing wees.

Wie sal nie in so ‘n volkstaat wil bly nie? Ek dink Chris Louw sou homself gate uit geniet het in ‘n toekomstige Afrikaanse Republiek.

Ondersteun organisasies (soos PRAAG) en politieke partye (soos die Vryheidsfront), wat ‘n volkstaat nastreef.

Op 23 April 1994 het die ANC ‘n ooreenkoms met die Vryheidsfront geteken dat, indien daar genoegsame steun vir ‘n volkstaat is, dit toegestaan sal word. Dis moontlik om vreedsaam af te stig en ‘n goeie deel van die huidige SA te verkry, mits ons daarin glo en saamstaan.