Verlos ons van Classic FM
‘n Mooi Afrikaanse stem is darem maar mooi om na te luister en daar was soveel omroepers wat beide wel ter tale en melodieus van stem was in die verlede dat mens kwalik al die name kan opnoem.
Die koms van ‘n klassieke radiostasie aan die Rand, wat deur Eon de Vos begin is, was aanvanklik vir my ‘n welkome briesie tussen die al hoe meer primitiewe klanke wat van die popstasies uitgesaai is. Trouens, stasies soos Hoëveld en Jakaranda wat voorheen ook ander programme gehad het, het verval in stereotiepe rioolpype vir die jongste Amerikaanse musiek wat lank nie meer deur witmense gemaak word nie en waarna niemand sonder voorsate iewers uit die Nigerdelta langer as tien minute kan luister nie.
Terloops, vir gereelde lesers van hierdie woernaal wat dalk deur die Engelse datums en programopskrifte geïrriteer kon gewees het: gisteraand het ek en Albertus Kleingeld, PRAAG se webmeester, Wordpress hier sover doenlik verafrikaans. Eers het ek ‘n half voltooide Afrikaanse taalpak vir Wordpress op die internet gevind en daarna het Albertus sommer die kieslys op die voorblad insgelyks verafrikaans.
As mens nou al die klippies in die Classic-FM-skoen, wat jou op die duur rasend maak, moet begin opnoem, dan is die feit dat die stasie uitsluitlik Ingels is seker nommer een. Wat weet Engelse in Suid-Afrika van klassieke musiek af? Waarskynlik is meer as die helfte van Classic FM se luisteraars Afrikaners, maar ons kry steeds ‘n streng Engelse dieet oor die lug. En by al hul pogings om pretensieus te klink, kry die C lassic-FM-0mroepers dan gewoonlik die uitspraak van Duitse, Franse en Italiaanse name en terme verkeerd!
Julia Burger, wat ‘n gewone “Burger” is, soos in Schalk Burger, maak van haar eie van iets soos “Bûghuh”, maar ek veronderstel in die soort koloniale benoudheid van Classic FM sal ‘n Afrikaanse van kwalik geduld word.
Nie net is die stasie se nuus uiters swak nie en word belangrike nuusstories daagliks uitgelaat nie, maar die mense wat dit lees klink asof hulle laas ‘n rieksjawaentjie in Koeala Loempoer gestoot het.
Dan is daar Mike Mills. Daar is min mense wat dit kan regkry om jou met sy onnosele, aangeplakte vriendelikheid so te irriteer dat jy hom graag oor die eter sou wou te lyf gaan, maar Mike Mills is die swaargewigkampioen in die afdeling van afskuwelike radiomanne. Terwyl jy wag dat hulle nou nog ‘n bekende Mozart-nommertjie gaan dóódspeel soos soveel ander, is mnr. Mills land en sand besig om ‘n vakansie na die Maldives, Alaska of Maleisië, daar waar sy nuuskollegas vandaan kom, te probeer verkoop.

Classic FM het my laat besef dat klassieke musiek nie gemaak is om deur advertensies en morone soos Mills onderbreek te word nie. Trouens in ‘n oorver-kommersialiseerde wêreld, is klassieke musiek die laaste oorblywende luukse, die laaste tikkie beskaafdheid in ‘n toenemend barbaarse wêreld waar taxibestuurders vir jou toeter blaas voor jy dood gery of gestamp word en die struikrowers jou op dieselfde sorgvrye, valse toon as Mike Mills aanspreek alvorens hulle jou met ‘n AK-47 bokveld toe stuur.
Mens kan net hoop dat Mike Mills en Classic FM in die maalkolk van middelmatigheid kan verdwyn waaruit hulle soos ongekunstelde weekdiere te voorskyn gekom het.
Terwyl ek dié laaste sin skryf, sing die Maltese sopraan Miriam Gauci die beroemde aria Ebben? Ne andrò lontana uit “La Wally” van Catalani, ‘n lafenis wat Mike Mills se stem hopelik vir ewig uit my ouditiewe geheue verdryf.
















