Jan-Jan Joubert verdedig De Klerk in Rapport
Hierdie is goedkoop en verslete retoriek. Mnr. Joubert begryp glad nie die grondverskuiwende omvang van vandeesweek se volksuiting van weersin in De Klerk se verraad en onnoselheid nie. Met ses atoombomme en die sterkste weermag in Afrika, kon hy nie vir ons ‘n enkele Afrikaanse universiteit van ‘n paar alkoholiese, linkse terroriste afsmeek wat so pas hul Sowjetweldoener se finansiële en militêre steun verloor het nie. Vandag beleef ons ‘n apokalips van redelose geweld, moord, verkragting, teregstellende aksie, verwoesting van die omgewing, riool in die riviere, vervallende hospitale, gate in die paaie. Wat sê hulle? In Afrika is daar nooit mislukkings nie, net gedeeltelike suksesse. Lyk my dieselfde geld De Klerk se wonderlike “onderhandelings” wat op kapitulering uitgeloop het. Ons moet seker dankbaar wees dat ons nie met ons eie, oorhandigde wapens in die see in gejaag is nie. Altans nog nie. Dankie, mnr. De Klerk. En veral dankie aan u juigkommando met “joernaliste” soos Jan-Jan Joubert wat ons daaraan herinner dat die Afrikaner se volkselfmoord ons darem by ons vyande gewild gemaak het.
















