Daar is geen middelgrond meer nie

Posted by Dan Roodt | Briewe en polemieke | Sondag 11 April 2010 7:55 am

 Powered by Max Banner Ads 

Soos gewoonlik, sit Jan-Jan Joubert in vandag se Rapport weer die pot mis. Hy skryf:

“Gelukkig is hierdie slegte week afgeloop, en moet ons nou voortgaan.

Die gruwelike dood van mnr. Eugène Terre’Blanche van die AWB en die uitsprake en gedrag van mnr. Julius Malema van die ANC het enige denkende mens se geduld en geloof in die land nogmaals verskriklik beproef.

Die meeste mense het, soos altyd, kopgehou. Malema is tans meer geïsoleerd as ooit tevore in die ANC (ons sal natuurlik moet sien of dit hou) en min wit mense dink die AWB is die toekoms.”

Die moord op ET was die laaste drupper in die emmer soos ek Vrydag ook op versoek van LitNet en op praag.co.za geskryf het: ‘n Moord te veel. Deel van ons probleem in dié land is dat ons sulke onnosele joernaliste het. Hulle is tot geen analise in staat nie, maar wil die publiek net “reg skryf” en breinspoel om hierdie onhoudbare situasie te aanvaar.

Vandat die Afrikaanse taalstryd in die laat negentigerjare begin het, lees ek allerlei studies oor etniese konflikte in ander dele van die wêreld en, glo my, ons is reeds midde-in ‘n etniese konflik wat nou bloot eskaleer.

Mense soos Jan-Jan wat die “middelgrond” bepleit of verdedig, weet nie waarmee hulle te doen het nie. Tipies in sulke situasies is dat daardie middelgrond eenvoudig verdwyn. Al wat na dese oorbly is óf Malema óf die AWB. Daar is niks tussenin nie.

Almal van ons – ook Jan-Jan – sal binnekort moet kies. Mense soos Jan-Jan gaan uiteindelik op hul knieë pleit om nie te hoef te kies nie, maar soos Kierkegaard gesê het: om nie te kies nie, is ook ‘n keuse. Die besluiteloses op hul middelgrond wat vinnig wegkalwe, gaan eerste ondergaan. Vir ons wat reeds vir die Afrikaner en sy oorlewing gekies het, is daar nog hoop.

FW de Klerk maak praatjies oor Afrikaans

Posted by Dan Roodt | Briewe en polemieke | Sondag 31 Januarie 2010 4:58 pm

Rapport skryf vandag ‘n lowende hoofartikel oor FW de Klerk en sy konferensie oor Afrikaans in die Kaap; ‘n mens sou sweer die Broederbond en NP is weer aan bewind met ‘n nuwe meesterplan waarvoor hulle stemvee of kanonvoer werf.

Ek en PRAAG is al 14 jaar besig met die taalstryd en is nie uitgenooi na FW se partytjie nie. So ook nie die FAK nie, want ons is mos wit en Afrikaans, dus nie “Afrikaanse” of kruiperig genoeg nie. Dis egter laat in die dag as FW wat terugskouend militêr aan Umkhonto oorgegee het – want beheer hulle nie nou die land se wapens en ontwapen ons nie? – hom oor Afrikaans moeg maak. Implisiet erken hy ook dat sy “wigte en teenwigte” en ander retoriese twak waarmee hy te koop geloop het, misluk het. Vandaar sy praatjiesmakery oor Afrikaans.

Mzansi is ‘n Engelse land; loop net in die straat af of gaan na jou winkelsentrum om dit te ervaar. Slegs ‘n volkstaat in die Noorde sal Afrikaans red, want die “Afrikaanses” van Kaapstad en omgewing het reeds verengels, volgens gesaghebbende taalkundige studies… Vergeet van Stellenbosch University, die koeël is deur die kerk. Ons moet nou vir vryheid en onafhanklikheid van hierdie Britse-empaaier-in-die-kleine stry.

In elk geval weet nóg De Klerk nóg die hoofartikelskrywer van Rapport enigiets van Afrikaans, ons geskiedenis of kultuur. Hulle praat net (soms) Afrikaans en huldig ‘n 100% Engelse wêreldbeskouing, waarin hulle in hul waan neersien op Afrikaners, Duitsers, Franse, Russe en alle nie-Engelse. Pass the gin and tonic please. Skryf liewer vir ons oor SA se goeie Engelse grondwet en hoe transformasie versnel moet word, dan sal ons julle ernstiger opneem.

Waarom was swartes in die ou SA soveel beter daaraan toe?

Posted by Dan Roodt | Briewe en polemieke | Sondag 19 Julie 2009 3:54 am

Rapport herhaal in vandag se hoofartikel die geykte stelling dat swartes in die verlede op grond van ras benadeel is. Maar hulle is ook op grond van ras bevoordeel, deur:

- die 1936-wet wat groot stukke blanke grond aan hulle oorgedra het

- die vorige onderwysbeleid wat duisende skole op die blanke belastingbetaler se onkoste laat oprig het en wat miljoene swartes geletterd gelaat het en tienduisende swart gegradueerdes aan die tuislanduniversiteite gelewer het (met Zambië se onafhanklikwording in 1964, was daar net 17 graduandi in die hele land)

- die tuislandbeleid waar honderde miljarde rande in vandag se geld aan swart ontwikkeling bestee is.

Indien daar so ‘n groot onreg teenoor swartes in SA gepleeg is, waarom was hul lewenstandaard volgens internasionale maatstawwe van die VN en die Wêreldbank die hoogste in Afrika suid van die Sahara en daal dit sedert 1994?

Rapport praat bloot die heersende ideologie na wat ten doel het om blankes met ‘n skuldgevoel opsaal sodat hulle geen weerstand bied teen die uiterste anti-blanke rassisme en geweld wat tans woed en wat Zimbabwe uiteindelik na ‘n piekiek gaan laat lyk nie.