Waarom sou Afrikaners nié Engelse skole afbrand nie?

Posted by Dan Roodt | Briewe en polemieke | Maandag 31 Augustus 2009 3:06 pm

 Powered by Max Banner Ads 

Dan Fourie openbaar homself as ‘n bewonderaar van prof Jonathan Jansen van Bloemfontein. Ook is hy geweldig geskok deur my voorstel dat iemand ‘n paar Engelse skole gaan afbrand. Toe ek aanvanklik voorgestel het dat Afrikaners iets daadwerkliks moet begin doen om hulself teen die staat se taalaggressie te verdedig, het ek die afbrand van Engelse skole bloot as ‘n voorbeeld gebruik. Self sal ek nie tot so iets oorgaan nie, want ek is bang ek steek myself aan die brand. Boonop hou ek nie van die reuk van petrol nie.

Feit is egter dat die sogenaamde taalstryd in Afrikaans hoofsaaklik ‘n leunstoelaktiwiteit is. Dit herinner my nogal baie aan die regse beweging in Amerika wat iemand beskryf het as ‘n “internetaktiwiteit wat deur rekenaarentoesiaste as ‘n stokperdjie in hul vrye tyd beoefen word.” Sommige mense hou ook vergaderings oor taalregte, die grondwet en dergelike meer en gaan agterna huis toe en klop mekaar op die skouer omdat hulle so hard vir Afrikaans veg. Mea culpa, ek herken myself in dié prentjie.

Die eerste Afrikaner wat tot een of ander vorm van optrede buite die kuberruim sou oorgaan, sou dus die eerste persoon wees wat ‘n geringe vinger in die dyk probeer steek terwyl ons in ‘n see van Engels verswelg.

Nog ‘n rede waarom die afbrand van Engelse skole as ‘n vorm van politieke en taalkundige optrede dalk aanvaarbaar mag wees, is omdat dit in Suid-Afrika so min of meer tradisie is om skole af te brand. Die skoolbranders van 1976 en daarna word vandag as helde vereer en elke jaar op 16 Junie vier ons “Jeugdag” om ons aan dié blye gebeurtenis te herinner. Behalwe dat hulle skole afgebrand het, het die “jonges” – “les jeunes” soos daar in Frankryk verwys word na mense met ‘n donker gelaatskleur wat motors aan die brand steek – op 16 Junie ook ‘n Joodse dokter, dr Melville Edelstein, vermoor. Miskien is ek te konserwatief, maar ek is volstrek gekant teen die doodmaak van Joodse dokters, veral dié wat jare lank swart mense gesond gemaak het. Noem dit nou maar ultra-regs, maar ek is nog nie so “bevry” dat ek dit as ‘n bevrydingsheldedaad sien nie.

Daar is ook ‘n ultra-regse teorie wat beweer dat die opvoedingstelsel deel van die ideologiese staatsapparaat sou wees en deur die bekende ultra-regse filosoof en teoretikus, wyle Louis Althusser, voorgehou is. Die Engelse skool in Suid-Afrika hou hom eintlik baie min met opvoeding besig, maar vorm gebreinspoelde idiote wat die staatsideologie van alles-Engels, transformasie, regstellende aksie en die ANC-geskiedenis soos ‘n godsdiens aanhang.

Enigeen wat dus om middernag met ‘n kannetjie British Petroleum na sy naaste Engelse skool sou sluip om die plek af te brand, sou vir seker ‘n stok in die ideologiese wiel steek. As hy op pad iewers nog by die SAUK in Aucklandpark kan aandoen, kan hy dalk iewers vorentoe ‘n nasionale held word. soos Nelson Mandela of Joe Slovo.

So ‘n persoon sal in die toekoms dalk strate na homself vernoem kry, die Nobelprys vir vrede en ander eerbewyse te beurt val. Dis amper deel van die tydsgees. Nou onlangs het die Britse minister van buitelandse sake, David Miliband, verklaar dat “terreur soms geregverdig is” en daar is wyd in die eilandkoninkryk daaroor berig.  Aboobaker Ismail, wat die Kerkstraatbom gestel het, asook Heleen Pastoors wat dit vervoer het, is vandag groter helde as Paul Kruger of NP van Wyk Louw.

Dit is trouens iets wat ek nie kan verstaan nie. Ons lewe in ‘n land van volslae anargie waar mense daagliks vermoor, beroof en verkrag word, waar onderwysamptenare by Afrikaanse skole opdaag, die hoof summier afdank, die beheerraad ontbind en die hele skool oorneem, maar wee die Afrikaner wat nie die regte ding doen en sy TV-lisensie betaal nie! Of dalk in die kuberruim – waar al die onskadelike bekgeveggies oor Afrikaans en verlede Saterdag se rugby aan die gang is – voorstel dat taalstryders die reg in eie hande neem.

So ‘n persoon is ‘n gevaar vir die samelewing! Die afbrand van skole in Soweto moet gevier word, misdaad is normaal en terreur soos Joe Slovo s’n is ‘n glansende heldedaad. Maar moet tog net nie jou viltpuntpen uithaal en iewers op die miljoene slegs-Engelse tekens “Waar is die Afrikaans?” skryf nie. Dan gaan ‘n mens darem te ver. En as jy so ‘n gedagte op jou hardeskyf bêre, beland jy netnou saam met die Boeremag in die tronk.

As die Amerikaner Ann Coulter nou hier was, het sy dalk gesê: “My enigste beswaar teen die Boeremag is dat hulle net een ou stukkie treinspoor in Soweto opgeblaas het en nie sommer die hele Parlementsgebou in Kaapstad nie.” Vir diegene wat nie weet nie, me Coulter het in ‘n stadium oor die sogenaamde “Oklahoma-bomplanter” gesê: “My enigste beswaar teen Timothy McVeigh is dat hy nie sy vragmotor vol kunsmis en diesel voor die New York Times-gebou gaan parkeer het nie.” En ek moet sê, ek is nogal geneig om met Ann saam te stem. Sonder die New York Times sou die wêreld beslis ‘n beter plek gewees het.

Wat Jan-Jan Joubert en sy bende medehensoppers betref, ek dink Dan Fourie het Joubert so pas meer beledig as wat ek ooit kon doen deur hom ‘n Afrikaner te noem. Jan-Jan Joubert is al so ver van Afrikanerskap soos ‘n ruimtewese uit Distrik 9 en sal beslis gekrenk voel om so getipeer te word.

Persoonlik het ek niks teen Jan-Jan nie. Trouens, ek blameer sy onderwysers wat hom nooit uit die spesiale skool moes vrygelaat het nie. Maar hy doen goeie werk by Rapport, want ek dink hy vervreem die laaste paar lesers wat die koerant nog het. Die einddoel van Jan-Jan, Liza Albrecht en al die ander zombies wat op Sondae die Afrikaanse vertaling van ANC Today aanbied, is om finaal ontslae te raak van Rapport se wit Afrikaanse lesers wat vir die koerant ‘n verleentheid is. Die langtermynplan is om Rapport en City Press saam te smelt en sodoende nog ‘n slag vir transformasie en verengelsing te slaan.

Indien enige aspirantvuurvlooie dié briefie lees: moenie Mediapark in Kingsway met die SAUK-gebou daar oorkant verwar nie. Media24 sal vanself in duie stort en hoef dus nie afgebrand te word nie.

Oftewel: Moenie goeie petrol mors nie. Hou ‘n bietjie vir jou motor ook.

Afrikaans mag binne twee of drie geslagte uitsterf

Posted by Dan Roodt | Toesprake en referate | Sondag 16 Augustus 2009 8:01 pm

Vrydagaand 14 Augustus (GRA-dag) het ek die onderstaande toespraak gelewer tydens ‘n debat oor die toekoms van Afrikaans wat deur die Genootskap vir Handhawing van Afrikaans gereël is. Mnre. Louis Smuts van Tabok en Cornelius Janse van Rensburg van die Vryheidsfront Plus se jeugbeweging het die saak vir die voortbestaan van Afrikaans verdedig, terwyl mnr. Henk van de Graaf van Radio Pretoria ook my pessimistiese prognose vir Afrikaans ondersteun het. Op pad na die Hervormde Kerksaal in Du Toitstraat in die middestad van Pretoria, het ons die indruk gekry dat ons vreemdelinge in die stad was. Terwyl die strate van Pretoria op ‘n Vrydagaand wemel van mense, is daar geen blankes of Afrikaners te sien nie. ‘n Mens wonder wat Paul Kruger en die oorspronklike stadsvaders daarvan sou gedink het, maar die demografiese transformasie – om ‘n gepaste term te gebruik – van Pretoria ondersteun insgelyks my argument, dat Afrikaans sonder een of ander groot poging deur Afrikaners of ‘n radikale staatkundige verandering in Suid-Afrika, bestem is om algaande te kwyn en dan uit te sterf.

Sedert Brittanje onder aanvoering van Lord Craig vir die eerste keer die Kaap in 1795 binnegeval het, het Nederlands, of dan die latere Afrikaans, byna konstant verliese van sprekers teenoor Engels getoon. Vandag bestaan daar vele mense in die land met Afrikaanse vanne wat nie Afrikaans magtig is nie. Hulle gaan nooit ‘n Afrikaanse boek lees nie, ‘n Afrikaanse film of TV-program kyk nie en natuurlik sal so ‘n persoon net in buitengewone omstandighede sy of haar kind na ‘n Afrikaanse skool stuur.

Van die groot aantal Afrikaner-emigrante wat sedert 1994 die land verlaat het, kan mens gerieflik sê dat slegs ‘n minderheid se kinders wat in die buiteland gebore is, nog Afrikaans praat. My beste vriend op skool – ek was aan die Hoër Seunskool Helpmekaar in Johannesburg – se kinders verstaan geen woord Afrikaans nie, want hy is met ‘n Engelse vrou uit Natal getroud en agterna het hulle in Londen gaan woon waar hy sedertdien as advokaat praktiseer. Op een van my rare besoek aan hul woning het ek en hy oudergewoonte met mekaar Afrikaans gepraat.

“Daddy, what language is that?” het sy oudste seun in die geselskap gevra. “Dis Afrikaans,” het sy pa geantwoord.

14 Augustus: ná 134 jaar word Afrikaans weer onderdruk

Posted by Dan Roodt | Rubrieke | Vrydag 14 Augustus 2009 2:47 pm

Soos wat die onderdrukking van Afrikaans onder die toenemend totalitêre ANC-bestel met sy “demonokrasie” toegeneem het, het verskeie Afrikaanse organisasies en individue spontaan begin om 14 Augustus as ‘n belangrike datum op die Afrikaanse en nasionale kalender te gedenk.

Vir diegene van my geslag wat in die ou tweetalige Suid-Afrika grootgeword het – en wat eintlik ‘n model vir taalbillikheid was, gegewe dat elke tuislandregering ook ‘n swart streekstaal kon bevorder – het die Engelse brander wat sedert 1994 oor die land gebreek het as ‘n groot skok gekom.

Vandag swyg die regime se media in Afrikaans en veral natuurlik in Engels oor 14 Augustus en die wonderbaarlike verhaal van enkele Afrikaners wat op dié datum in 1875 die besluit geneem het om die wêreld se jongste standaardtaal te begin “skryf soos jy praat”.

Die feit dat hulle hulself die “Patriotbeweging” genoem het, het ook geslaan op die sterk Republikeinse opwelling wat in die 1790s onder Kaapse Afrikaners plaasgevind het, toe daar insgelyks ‘n politieke Patriotbeweging bestaan het.

Die mate waartoe die geskiedenis hom, veral op taalgebied, in Suid-Afrika herhaal, is eenvoudig verstommend. Terwyl taalregte en taalgelykheid ná Hertzog se taalwet van 1925 in die land byna as ‘n gegewe beskou is, het ons in ons tyd weereens die byna kolonialistiese arrogansie van Engelse jingoïsme gesmaak.

Net soos in die verlede en veral die 1940s toe verengelsde Afrikaners die sterkste voorstanders van verengelsing was, beskik ons vandag oor sogenaamde “stryders vir meertaligheid” wat Afrikaans wil marginaliseer en uiteindelik tot ‘n stukkie ignoreerbare folklore wil verskraal. Tereg is sulke mense, waaronder die magtige bruin of “swart” akademici – soos hulle verkies om hulself te noem – in hul vername poste aan voorheen Afrikaanse universiteite as Trojaanse perde bestempel wat die uitwissing van Afrikaans met hul mooiklinkende gemeenplase wil verhaas.

Gister skryf prof. Jaap Steyn in Die Volksblad ‘n waar woord teenoor juis een van die Trojaanse perde, die Afrikaner- en Afrikaanshater Jonathan Jansen wat teen die “taalhouding van Afrikaners” uitgevaar het: “Jansen praat van die “afdwing” van Afrikaans, maar geen taal is in ons geskiedenis in so ’n groot mate afgedwing as Engels in die afgelope 200 jaar nie – veral nou weer in die laaste vyftien jaar.”

Dat Engels vandag in Suid-Afrika afgedwing word, so te sê met wapengeweld, is ‘n feit. Sowel die staat- as die korporatiewe sektor ly aan geheueverlies oor die feit dat Afrikaans bestaan. Taalstryders wat bloot logiese vrae oor die illusie dat Suid-Afrika ‘n Engelstalige land sou wees, vra, word deur die SAUK en die korporatiewe media doodgeswyg, gesensureer of belaster.

Vandaar die feit dat ‘n “nie-Afrikaanssprekende” soos Jansen vandag as die buikspreker en gelukbringer van fascistiese Engelsheid in Suid-Afrika optree.

Afrikaners, asook daardie tweedetaalsprekers of selfs vreemdelinge wat met ons onregverdige en ongelyke stryd meegevoel het, sal moet besef dat ons voortaan veel harder teen ‘n magtige en ongenaakbare vyand sal moet veg.

Gegewe die volslae vertrapping van ons taalregte en die graad van etniese suiwering wat daar reeds teen Afrikaners toegepas word, hetsy in die sin dat ons vanuit ons eie instellings geweer word, hetsy in ‘n letterlike sin waar gruwelike moorde en verkragtings teen ons gepleeg word, is die natuurreg voortaan aan ons kant.

Ons het die reg om ons teen Engelse taalaggressie te verdedig. En al moet dit uiteindelik uitloop op meer radikale optrede soos die afbrand van Engelse skole, net soos wat die pro-Britse swartes van Johannesburg teen Afrikaans beswaar gemaak het deur hul eie skole af te brand, mag ons nie nou tou opgooi nie.

Een van die lesse van 14 Augustus is dat ‘n Gideonsbende in 1875 – teen die hoon en bespotting wat hulle van die destydse Kaapse burgery ontvang het – die strydvlag vir Afrikaans opgeneem het en uiteindelik geseëvier het. Die aantal mense wat vandag Standaardafrikaans liefhet en wil bewaar, is moontlik nie veel groter as in 1875 nie. Hulle verteenwoordig egter die room van ons kultuur en van ons volk.

Dit het tyd geword dat ons die SAUK-TV en KykNet met hul lagwekkende en dom Kreools afskakel en televisielisensies begin boikot. Dis ook hoog tyd dat ons ons onderdrukte, maar steeds aristokratiese en voortreflike taal met skokkende welsprekendheid begin praat, skryf en op die mure begin verf.

Die Britse Ryk kon Afrikaans nie doodmaak nie. Die Nguni-ryk en hul verteenwoordigers vanuit die Engelstalige Ooskus van die land gaan dit ook nie regkry nie.

Solank as wat daar nog “regte Afrikaners” met “Afrikaanse harte” bestaan.

Nuwe Tuks-rektor sit rasseoorheersing oor Afrikaners voort

Posted by Dan Roodt | Rubrieke | Vrydag 31 Julie 2009 9:43 am

Hoewel die bruin bevolking van Suid-Afrika oor die laagste deelname aan tersiêre onderrig beskik, is hul besetting van rektorsposte die hoogste, veral as dit by voorheen Afrikaanse universiteite kom. Met die aanstelling van prof. Cheryl de la Rey as rektor van die UP, beskik vier uit die vyf “histories Afrikaanse universiteite” oor bruin of kleurlingrektore.

Indien enigiemand nog daaroor getwyfel het of daar rassekwotas by die aanstelling van rektore geld, kan hy of sy maar gerus wees: daar ís rassekwotas.

Blykbaar word 97% van alle akademiese publikasies in Suid-Afrika deur blankes geproduseer en meer as die helfte daarvan deur blanke mans. Geen blanke man kwalifiseer egter meer om as rektor van ‘n Afrikaanse universiteit aangestel te word nie en veral geen blanke Afrikanerman nie. In dié opsig moet dr. Theuns Eloff van die Noordwes-universiteit seker besef dat hy ‘n volslae anomalie binne die “nuwe orde” verteenwoordig en waarskynlik eersdaags op grond van sy ras van sy pos onthef sal word of andersins net nie weer ‘n aanstelling sal verkry nie.

Afgesien van Nazi-Duitsland waar Jode nie universiteitsposte mag beklee het nie, is daar geen voorbeeld in die moderne geskiedenis van ‘n rassebeleid en veral ‘n diskriminerende rassebeleid wat so konsekwent teen ‘n bepaalde etniese groep gevoer is soos tans teen Afrikaners geskied nie.

In dié opsig is die grappies wat sowel Beeld as RSG oor die nuwe rektor se van gevoer het, as sou sy ‘n “De la Rey wees wat die Tukkies kom lei”, in swak smaak en kwetsend vir baie Afrikaners wat nog waarde aan hul geskiedenis en hul helde heg.

Hoewel Cheryl de la Rey ‘n van geërf het, het sy reeds tydens haar RSG-onderhoud duidelik gemaak dat sy verkies om Engels te praat en dus van geen Afrikaanse of Boeresentiment verdink kan word nie.

Prof. De la Rey, indien u geen sin vir taaletiket het nie: om op die nasionale Afrikaanse stasie Engels te praat terwyl u kennelik Afrikaans magtig is, sy dit dan vir u ‘n tweede of derde taal, verteenwoordig vir ons almal ‘n growwe belediging en is in die konteks uiters ongepoets. Dit voorspel niks goeds vir u vrome voornemens om sogenaamde “meertaligheid te bevorder” – wat in die SA konteks al ‘n sinoniem vir verengelsing geword het – en om reg aan Afrikaans aan Tukkies te laat geskied nie.

Op sy beste sit die aanstelling van “die swart vrou” Cheryl de la Rey die aftakeling van alles wat Afrikaans is en deur Afrikaners in die land opgebou is, voort, want uit haar houding blyk reeds dat sy die status quo van onafwendbare verengelsing gaan handhaaf. Op sy slegste, het ons hier net nog ‘n akademiese voorbeeld van etniese en rasseoorheersing waarmee Afrikaners in dié bose, onregverdige en rassistiese bestel vir lief moet neem.

Ons moet ook onthou dat Cheryl de la Rey ‘n lang verbintenis met sowel die Universiteit van Natal as die Universiteit van Kaapstad het, twee universiteite wat reeds dekades lank met ‘n volgehoue veldtog van Afrikanerhaat besig is en as’t ware die akademiese sentra van die huidige etniese suiweringsveldtog teen Afrikaans en Afrikaners verteenwoordig. Akademici in die algemeen is tropdiere en aartskonformiste. Heel waarskynlik dink Cheryl de la Rey nie veel anders as haar kollegas aan dié  twee universiteite nie.

Die Vryheidsfront Plus se jeugtak op die kampus sal daarom dié nuwe rektor met ‘n arendsoog moet dophou. Slegs voortgesette waaksaamheid en stryd sal Afrikaans nog hoegenaamd op die kampus laat oorleef. ‘n Revolusie sal egter nodig wees om Afrikaans hoegenaamd weer vryheid en gelykheid te gee, dít wat taalgemeenskappe elders ter wêreld as vanselfsprekend aanvaar.

Veral moet Afrikaners nie so naïef wees om te dink dat die mooipraatjies oor “meertaligheid” enigiets anders as voortgesette verengelsing en die verdrukking van Afrikaans beteken nie.

Verlos ons van Classic FM

Posted by Dan Roodt | Rubrieke | Sondag 26 Julie 2009 7:55 am

‘n Mooi Afrikaanse stem is darem maar mooi om na te luister en daar was soveel omroepers wat beide wel ter tale en melodieus van stem was in die verlede dat mens kwalik al die name kan opnoem.

Die koms van ‘n klassieke radiostasie aan die Rand, wat deur Eon de Vos begin is, was aanvanklik vir my ‘n welkome briesie tussen die al hoe meer primitiewe klanke wat van die popstasies uitgesaai is. Trouens, stasies soos Hoëveld en Jakaranda wat voorheen ook ander programme gehad het, het verval in stereotiepe rioolpype vir die jongste Amerikaanse musiek wat lank nie meer deur witmense gemaak word nie en waarna niemand sonder voorsate iewers uit die Nigerdelta langer as tien minute kan luister nie.

Terloops, vir gereelde lesers van hierdie woernaal wat dalk deur die Engelse datums en programopskrifte geïrriteer kon gewees het: gisteraand het ek en Albertus Kleingeld, PRAAG se webmeester, Wordpress hier sover doenlik verafrikaans. Eers het ek ‘n half voltooide Afrikaanse taalpak vir Wordpress op die internet gevind en daarna het Albertus sommer die kieslys op die voorblad insgelyks verafrikaans.

As mens nou al die klippies in die Classic-FM-skoen, wat jou op die duur rasend maak, moet begin opnoem, dan is die feit dat die stasie uitsluitlik Ingels is seker nommer een. Wat weet Engelse in Suid-Afrika van klassieke musiek af? Waarskynlik is meer as die helfte van Classic FM se luisteraars Afrikaners, maar ons kry steeds ‘n streng Engelse dieet oor die lug. En by al hul pogings om pretensieus te klink, kry die C lassic-FM-0mroepers dan gewoonlik die uitspraak van Duitse, Franse en Italiaanse name en terme verkeerd!

Julia Burger, wat ‘n gewone “Burger” is, soos in Schalk Burger, maak van haar eie van iets soos “Bûghuh”, maar ek veronderstel in die soort koloniale benoudheid van Classic FM sal ‘n Afrikaanse van kwalik geduld word.

Nie net is die stasie se nuus uiters swak nie en word belangrike nuusstories daagliks uitgelaat nie, maar die mense wat dit lees klink asof hulle laas ‘n rieksjawaentjie in Koeala Loempoer gestoot het.

Dan is daar Mike Mills. Daar is min mense wat dit kan regkry om jou met sy onnosele, aangeplakte vriendelikheid so te irriteer dat jy hom graag oor die eter sou wou te lyf gaan, maar Mike Mills is die swaargewigkampioen in die afdeling van afskuwelike radiomanne. Terwyl jy wag dat hulle nou nog ‘n bekende Mozart-nommertjie gaan dóódspeel soos soveel ander, is mnr. Mills land en sand besig om ‘n vakansie na die Maldives, Alaska of Maleisië, daar waar sy nuuskollegas vandaan kom, te probeer verkoop.

gauci_miriam

Classic FM het my laat besef dat klassieke musiek nie gemaak is om deur advertensies en morone soos Mills onderbreek te word nie. Trouens in ‘n oorver-kommersialiseerde wêreld, is klassieke musiek die laaste oorblywende luukse, die laaste tikkie beskaafdheid in ‘n toenemend barbaarse wêreld waar taxibestuurders vir jou toeter blaas voor jy dood gery of gestamp word en die struikrowers jou op dieselfde sorgvrye, valse toon as Mike Mills aanspreek alvorens hulle jou met ‘n AK-47 bokveld toe stuur.

Mens kan net hoop dat Mike Mills en Classic FM in die maalkolk van middelmatigheid kan verdwyn waaruit hulle soos ongekunstelde weekdiere te voorskyn gekom het.

Terwyl ek dié laaste sin skryf, sing die Maltese sopraan Miriam Gauci die beroemde aria Ebben? Ne andrò lontana uit “La Wally” van Catalani, ‘n lafenis wat Mike Mills se stem hopelik vir ewig uit my ouditiewe geheue verdryf.

Wil die Afrikaner nog veg vir Afrikaans?

Posted by Dan Roodt | Briewe en polemieke | Vrydag 10 Julie 2009 1:21 am

Al hoe meer mense kla oor die gebrek aan Afrikaans by banke, staatsdepartemente en natuurlik op SAL-vliegtuie. Nou die dag sien ek die voorafbetaalde sim-kaarte wat MTN verkoop. Die verpakking is in Engels, maar daarop staan: “Sotho and Zulu translation inside.” Maar geen Afrikaans nie.

Ook was ek onlangs toevallig in die Randburgse Landdroshof. Groot was my verbasing om te sien dat al die kennisgewings in die hofgebou tweetalig is: in Engels en ‘n swart taal… Weereens geen Afrikaans nie.

Ek dink nie daar is meer enige twyfel dat die staat, meer nog as die Britse koloniale staat van 60 of 150 jaar gelede, ‘n doelbewuste veldtog teen Afrikaans voer nie. Uiteindelik spruit die toestand uit politieke mag, of gebrek daaraan. Die persepsie wat die staat, groot sake en die algemene publiek van Afrikaners het, is dat hulle die politieke verloorders van Suid-Afrika is wat die verste van die politieke mag af verwyder is.

As ons dink aan ‘n soort Venn-diagram van politieke mag in die land, met ‘n al hoe kleiner area wat die sirkel van politieke mag sny, dan lyk dit waarskynlik so:

Zoeloes: ons het ‘n Zoeloepresident

Xhosas: hulle speel steeds ‘n groot rol in die ANC

Sotho’s: hulle beheer die Vrystaat en Suid- en Noord-Sotho word in die binneland gepraat waar die ANC nie kan bekostig om hulle heeltemal te vervreem nie.

Engelse: hulle behou hul kulturele, ekonomiese en ideologiese bande met die Anglo-Amerikaanse empaaier, daarom domineer Engels in Suid-Afrika. ‘n Aanval op Engelse of Engels sou gesien word as ‘n aanval op Brittanje en die VSA.

Kleurlinge: hulle is die meerderheidsbevolking in die Wes- en Noord-Kaap, dus het Kreools-Afrikaans ‘n bestaansreg soos ons dit op Sewendelaan op TV aantref. In baie opsigte het die “Kaapse” aksent die standaardaksent op RSG geword.

Afrikaners: ons is doelbewus van die politieke mag uitgesluit en waar ons oor getalle beskik, soos in die Pretoriadistrik of die Oos- en Wesrand, is die munisipale afbakenings so gemaak dat ons orals in die minderheid verkeer en oorheers word. Daar woon 700 000 Afrikaners in en rondom Pretoria; nietemin sien mens byna nêren Afrikaans nie. Sowel Tukkies as UNISA is grotendeels verengels en binne vyf jaar sal daar feitlik geen Afrikaans meer aan daardie instellings gedoseer word nie. Afhangend van die uitslag van die grondwetlike hofsaak oor Ermelo-hoërskool, mag Afrikaanse hoërskole ook binnekort van buite deur die onderwysdepartemente oorgeneem en verengels word.

Die enigste gebiede waar Afrikaans nog te siene is of gehoor word, is dié wat aan staatsbeheer of beheer deur groot maatskappye ontkom, soos die Afrikaanse musiek, gemeenskapsradiostasies en die internet. Ek weet nie of daar ‘n groot toekoms vir die Afrikaanse koerante is nie, want hulle gaan vir seker – soos die Afrikaanse universiteite – getransformeer word en sal stadig maar seker na Engels oorslaan. Daar verskyn reeds Engelse advertensiebylaes by die Afrikaanse koerante en ons kan sien hoe Die Burger en Rapport se redaksionele standpunte oor Afrikaans toenemend ooreenkom met dié van die rektor van Stellenbosch, naamlik dat “eentalig-Afrikaanse instellings ‘n mite is”. Indien daar nie meer plek vir eentalig-Afrikaanse universiteite of skole is nie, waarom sal eentalig-Afrikaanse koerante nog verdra word?

Trouens, was dit nie vir die internet nie, het Afrikaans al so te sê uit die openbaar verdwyn. Ons moet in gedagte hou dat die huidige taalstryd hoofsaaklik op die internet gevoer word. Diegene wat ten gunste van “die mite van eentalig-Afrikaanse instellings” is, word sistematies gesensureer deur die tradisionele media, sowel die gedrukte media as radio en TV – met die uitsondering van enkele gemeenskapsradiostasies. Die druk wat daar vanuit die internet toegepas word, veroorsaak egter dat die verengelsingsproses stadiger verloop as wat andersins die geval sou gewees het.

Indien enigiemand in 1994 sou voorspel het dat Afrikaans binne 15 jaar tot dieselfde vlak as die swart minderheidstale soos Venda of Tsonga gereduseer sou word, sou so ‘n persoon as ‘n regse doemproefeet uitgeskel gewees het. Nietemin ervaar ons tans die doodsnikke van Afrikaans as kultuurtaal en wetenskapsmedium. Die oorgrootte meerderheid Afrikaners onder 30 en veral dié wat ná 1994 hul skoolopleiding ontvang het, kan nie meer ingewikkelde begrippe in Afrikaans oordra nie. Eintlik verkeer hulle in ‘n fase van oorgangstweetaligheid waar hulle woordeskat toenemend Engels en slegs die sintaksis nog Afrikaans is. Hulle kinders – die volgende geslag – gaan in ‘n feitlik volledig eentalige Engelse wêreld grootword, met Engelse skole, universiteite, howe, staatsdepartemente, munisipaliteite, werkomgewings en selfs kerke.

Die NG Kerk het hom reeds teen die gedagte van taalhandhawing uitgespreek en sal lidmate bedien in die taal wat hulle verkies of wat ‘n gedeelte van die lidmate verkies. Ek weet van ten minste een NG-gemeente – een van die oudstes in die land – waar eredienste reeds in Engels plaasvind omdat die jonger lede van die gemeente, sowel as die predikant, dit so verkies. Dit rym meer met ‘n “loslitstyl” van godsdiensbelewing.

Niemand van ons wat in die goue tydvak van Afrikaans grootgeword het en dit as iets vanselfsprekends aanvaar het, sou destyds kon voorsien dat die taal in ons leeftyd sou teruggly na waar dit 150 jaar gelede was nie, waar vele mense skaam was om dit te praat en daar gelag is vir diegene wat “kitchen Dutch” as kultuurtaal wou gebruik het.

As ons eerlik is, moet ons erken dat slegs drastiese optrede Afrikaans nou van volslae ondergang kan red. As Afrikaans oor die afgelope vyftien jaar soveel veld kon verloor, hoeveel te meer gaan dit nie oor die volgende vyftien jaar wegkwyn nie?

Die Afrikaner het by ‘n kruispad gekom: óf hy moet veg vir sy kulturele (en fisieke) voortbestaan, óf hy moet maar tou opgooi en verengels of emigreer, wat op dieselfde neerkom.

Die vraag is: wil hy veg? Gemeet aan die aanloklikheid van ‘n globale verbruikersbestaan in Engels, watter waarde of bekoring hou Afrikaans, die produk van ‘n vervloeë nasionalisme van sewentig of tagtig jaar gelede, steeds vir hom in?

Aan die ander kant is dit miskien ‘n wonderwerk dat Afrikaans – wat nader aan Middel-Nederlands verwant is as Nederlands self – al soveel eeue lank oorleef en telkens soos ‘n feniks uit die as verrys.

In hierdie desperate tyd is dit waarskynlik ons enigste bron van troos en inspirasie.

Watter kultuurskatte het Afrikaans nou eintlik?

Posted by Dan Roodt | NSA-denke | Woensdag 24 Junie 2009 7:39 am

In kommentaar op ‘n rubriek van Leopold Scholtz oor die taalkwessie skryf iemand:

Afrikaans op Stellies 6/17/2009 11:08:14 AM

“Natuurlik ís daar wel deeglik diegene wat na apartheid terughunker, wat nie die verlies van mag in 1994 kan verwerk nie. Natuurlik ís daar diegene wat Afrikaans as ’n rookskerm daarvoor gebruik” skryf Leopold.
Nie diegene nie, ALMAL. En die wat bloot “onskuldig” net Afrikaans wil behou indien daar werklik sulkes sonder bymotief bestaan, sulkes behoort te weet om hieroor aan te gaan skaar jy jouself by die ou-vlag-swaaiers. WATTER wonderlike kultuurskatte sal verlore gaan as Afrikaans nie meer die TAAL is nie? gee tog ‘n lysie. Ja ek stem saam die omstandighede waaronder Afrikaans sommer uitgeboender word is afstootlik maar ja, watter waardevolle dinge gaan nou uitsterf as Afrikaans nie meer die lesingstaal op Stellenbosch is nie? In die mid-80s was al die wetenskapilke rigtings alreeds vanuit Engelse vakboeke geleer.
-prakties

Ras – die nuwe alibi vir Afrikanerhaat

Posted by Dan Roodt | Briewe en polemieke | Dinsdag 23 Junie 2009 11:53 am

Leopold Scholtz lewer ‘n pleidooi dat taalstryders vir ‘n Afrikaanse Stellenbosch nie met “die teerkwas van apartheid” bygekom moet word nie. Nietemin is dit presies wat hy – en Dawie – doen deur te beweer dat ek “terughunker na apartheid”.

Ek was nog nooit ‘n voorstander van kleinlike segregasie nie en in my studentedae rondom 1980 het ek saam met swartes in die lokasies gekuier. Toe kon mens dit nog doen sonder om jou lewe te waag, anders as vandag. Dus verwerp ek Leopold Scholtz en Dawie se smeerveldtog teen my met die minagting wat dit verdien.
As ons egter van Afrikanerregte praat, stem ek saam met Woodrow Wilson, Hendrik Verwoerd en Jasser Arafat dat selfbeskikking vir elke volk wat dit wil hê, die enigste resep vir langtermynvrede is. Dié beginsel is ook sedert 1989 met sukses in Europa toegepas en is insgelyks vervat in die Verenigde Nasies se Universele verklaring van menseregte.

Suid-Afrika beleef tans nie net die verengelsing van al ons instellings nie, maar ook ‘n soort geestelike kolonisering deur Britse neokoloniale denke. Die Engelse taalkoeie op Stellenbosch met hul polities korrekte slagspreuke steun die tradisie wat vir ons volksmoord, Robert Mugabe en Tutu se “reënboognasie”-gedrog gegee het.

Feit is dat nege-en-negentig persent van mense wat tans die opdraande stryd vir Afrikaans voer, Afrikaners is. Die res wil ‘n nuwe taal, Meertaligheid, bevorder. Sodra iemand ‘n grammatika van Meertaligheid gepubliseer het, kan ons weer dink, maar ek dink nie ons hoef dit te ernstig op te neem nie.

Volgens die navorsing van prof. Lawrence Schlemmer onder Stellenbosse studente, toon die wit Engelse studente waarteen almal (ook Leopold Scholtz) tans uitvaar min of geen antipatie teenoor Afrikaans by Stellenbosch nie. Diegene wat ‘n Afrikaanse Stellenbosch as “rassisties” en “uitsluitend” ervaar, is juis bruin en swart studente, asook – natuurlik – die voorstanders van Meertaligheid, die nuwe taal.

Te oordeel aan sy uitsprake, voel prof. Russel Botman vere vir Afrikaans en behoort hy as rektor te bedank. Hy het reeds verwys na “die mite van Afrikaans-eentaligheid”. Op 23 Mei het hy in dié koerant verklaar: “Die universiteit se primêre groei oor die volgende tien jaar sal afkomstig wees uit die stedelike bruin studente wat oor ’n goeie beheersing van Afrikaans beskik, maar verkies om in Engels te studeer.” Hy wil ook Engelstalige swart en Indiërstudente werf.

Afrikaners word reeds 200 jaar lank deur Britte en hul meelopers verguis. Ras is die nuwe alibi vir Afrikanerhaat wat in die naam van “transformasie” bedryf word.