Henrey Jeffreys van Die Burger spreek hom teen volkstaat uit

Posted by Dan Roodt | Briewe en polemieke | Woensdag 10 Februarie 2010 9:25 am

 Powered by Max Banner Ads 

Terwyl mnr. Henry Jeffreys, redakteur van Die Burger, homself hier moeg maak oor ‘n enkele Afrikaner wat onbeskof was teenoor Sandra Laing, wat as ideologiese pion gebruik word om Afrikanerskuldgevoelens aan te wakker, rep hy geen woord oor Danielle Esterhuizen, die vyfjarige dogtertjie van Randfontein wat op 20 Desember 2006 koelbloedig op haar ma se skoot deur twee swartes doodgeskiet is nie. Of oor Bernadine Kruger wat opsetlik deur ‘n swart taxibestuurder op haar bromponie in die strate van Pretoria doodgery is nie! Of oor die 50 000 Afrikaners, kinders, vroue, oumense, boere, wat sedert 1994 vermoor is nie. Elke jaar word ‘n 100 000 van ons Afrikanervroue verkrag deur julle “Suid-Afrikaners”. Nee wat, mnr. Jeffreys, ons wil niks meer met hierdie rampokkerstaat te make hê nie en krete van rassisme! rassisme! gaan ons nie verhoed om vryheid, rus en vrede in ‘n eie volkstaat te smaak nie. Die helfte van Gauteng, Oos-Transvaal, die Oos-Vrystaat en Suid-Kaap is ons s’n en die res van die land kan maar opsnork in hul geweldsparadys. As die Wes-Kaap wil afstig is dit ook goed, maar ek dink hulle verkies Zoeloe- of Xhosa-regering bo selfregering. In elk geval is dit net ‘n kwessie van tyd voordat Xhosa-demografie vanuit die Oos-Kaap die “Afrikaanse leefwêreld” van die Wes-Kaap finaal verander. Teen daardie tyd sal ons egter al rustig in ons volkstaat bly en oor die kriminele wondere van Mzansi lees soos ons vandag oor Liberië of die Kongo lees…

Ná vanoggend op Morning Live

Posted by Dan Roodt | Briewe en polemieke | Donderdag 4 Februarie 2010 5:18 pm

Vanoggend was ek die gas van Lee-Ann Manas op SABC2 se program “Morning Live”.

Ek het ‘n teorie dat ons aan die begin van 2010 besig is om ‘n ideologiese revolusie te beleef op dieselfde manier as wat daar in die laat tagtigerjare ‘n ideologiese revolusie na links (ironies op die oomblik dat Links in Europa op sy baadjie gekry het met die ineenstorting van die Berlynse Muur) in Suid-Afrika plaasgevind het. In my e-pos het ek vanmore feitlik net boodskappe van ondersteuning gekry, ook van Engelssprekendes.

Op die stel kon ek nie die sms’e onderaan die skerm lees nie, maar volgens my vrou was omtrent 80% positief teenoor my. Rentia Landman van die Vryheidsfront in Pretoria het my ook lof toegeswaai en gemeen dat ek ‘n “uitklophou” geplant het toe ek die Jong Kommunis vertel het van die riool in Kroonstad waarvan 50% in die rivier en spruite in loop.

Ek stem saam met kommentaar dat ons nou momentum moet behou, al moet ons dit in die Engelse media doen want ek dink Naspers se broeke bewe nou omdat hulle sien hier kom polarisering en potensiële konfrontasie. As ‘n mens egter die kommentaar en briewe in Beeld lees, dan heers daar oor ‘n breë front onder Afrikaners ontevredenheid en ‘n gevoel van: “genoeg is genoeg”.

Die damwal het myns insiens gebreek en ons moet nou net dié gevoel van ontevredenheid kanaliseer in konstruktiewe optrede en organisasie om ten minste in ‘n gedeelte van die land die juk van ons af te werp (volkstaat). Daar is ‘n uitspraak van die Grondwethof dat dit nie onwettig is om ‘n volkstaat te propageer nie, want immers bestaan artikel 235 van die SA grondwet wat vir selfbeskikking voorsiening maak. Ons oortree dus nie die wet deur regering deur Afrikaners vir Afrikaners voor te staan nie.

ANC se matla pomp sterk oor Pretoria

Posted by Dan Roodt | Briewe en polemieke | Woensdag 27 Januarie 2010 11:06 am

Die ANC, by monde van sy “ontplooide” burgemeesteres, Gwen Ramakgopa, asook die minister van sogenaamde “kuns en kultuur”, Lulu Xingwana, het laat blyk dat Pretoria se naam binnekort finaal na Tshwane verander gaan word, nog voor die Wêreldbekersokkertoernooi.

Kennelik pomp die ANC se matla sterk oor Pretoria. Vir daardie hopelose Westerlinge wat nie weet nie, is “matla” die Sotho-woord vir “krag” of “mag”. Die Nguni-ekwivalent is natuurlik “amandla”, waarmee ons welbekend is. Nie net is dit ‘n sentrale begrip in die Bantoekulture nie, maar mag, magsug en magsvertoon het ook die onderskeidende kenmerk van die Suid-Afrikaanse politiek geword.

Die voorgenome “versnelde” naamsverandering van Pretoria dien geen praktiese of ander doel nie en spruit suiwer uit die behoefte aan magsvertoon noudat die wêreld se oë op die land gerig is.

Vroeg ná Nuwejaar 2010 het ek teenoor my gesin en ‘n paar vriende voorspel dat die kanse op volskaalse revolusie in dié land oor die volgene twee tot drie jaar – miskien nog voor of tydens die sokker! – goed is.

Beeld se meningspeiling oor die 73% Afrikaners wat sou verkies om in ‘n volkstaat te woon, het bloot my indruk dat ons op ‘n breekspul afstuur, bevestig. Orals is die skrif aan die muur te lees vir diegene wat nie heeltemal blind is of niks van politiek verstaan nie.

Terwyl Zuma ‘n meer subtiele swart politikus is wat verstaan dat die regstreekse vernedering van Afrikaners deur volgehoue naamsveranderings tot verdere vervreemding en selfs weerstand uit Afrikanergeledere mag lei, is sy party se beleid nou afgewentel na figure soos Lulu Xingwana, wat nog laas as grondsakeminister ons boere warm onder die kraag laat word het.

Afrikaners moet egter verheug wees dat die streep nou finaal getrek word. Die ANC-bewind se boodskap is helder en duidelik: ons moet óf verdwyn, assimileer, emigreer of ons slaafagtig onderwerp, óf ons sal aktief onsself van die huidige dwingelandy moet bevry en ons soewereiniteit, veiligheid en waardigheid moet herwin. Ten minste kom daar nou helderheid te midde van al die verwarring wat die afgelope dekade of twee gesaai is.

Terwyl die ANC in sy magswellus kraai oor die wyse waarop hy die oënskynlik hulpelose Afrikaners verneder en vertrap met die naamsverandering van Pretoria – die enigste groterige stad wat Afrikaners in hul geskiedenis opgerig het – loop hy die gevaar om hom gruwelik met sy “onderdane” te misreken.

Die klimaat wat tans om die spreekwoordelike braaivleisvure onder Afrikaners heers, is soortgelyk aan dít wat daar in Leipzig gaande moes gewees het op die vooraand van die Berlynse muur se bestorming. Dit word nie aan die groot klok gehang nie, maar mense is keelvol vir oorheersing, korrupsie en blinde magsvertoon op die tipiese Afrikamanier waarvan Idi Amin en Robert Mugabe slegs enkele voorbeelde is.

Met sy arrogante daad van naamsverandering is die ANC besig om die Afrikaner tot breekpunt te dryf. Maar ons gaan nie breek nie, eerder uitbreek uit hierdie dekadente, korrupte en kriminele bestel.

Volksplakkerskamp? Nog nooit nie!

Posted by Dan Roodt | Briewe en polemieke | Woensdag 20 Januarie 2010 4:27 pm

Ferdi Greyling  van Beeld verwys neerhalend na ‘n “volksplakkerskamp” as die moontlike aanskyn van ‘n toekomstige volkstaat. Al wat Ferdi hoef te doen, is om na gebiede met Afrikanermeerderhede te kyk: Pretoria, groot dele van die Oos- en Wesrand, die Suid-Kaap, ens. en te vra of hulle soos “plakkerskampe” daar uitsien?

Om te beweer dat “volkstate in geweld en vernietiging gebore word”, is nie juis nie. ‘n Mens kan net sowel enkele voorbeelde kies soos Nazi-Duitsland of Zimbabwe en beweer dat demokrasie tot hetsy oorlog, hetsy hongersnood lei, aangesien sowel Hitler as Mugabe demokraties ingestem is.

Die modelle vir vreedsame afstigting is Québec, Vlaandere en Katalonië. Al drie hierdie gebiede het reeds ‘n groot mate van selfbeskikking van onderskeidelik Kanada, België en Spanje verwerf. Katalonië het selfs in 2006 sy eie topvlakdomein op die internet (.CAT) – iets waarvoor slegs state kwalifiseer – verkry.

Interessant is ook dat al drie hierdie provinsies se versugting na onafhanklikheid aanvanklik met ‘n taalstryd begin het, net soos wat Afrikaners oor die afgelope sestien jaar of so ‘n taalstryd teen die nuwe Engelstalige owerheid in Suid-Afrika voer.

Die Tamil-tiere se uitgerekte guerilla-oorlog teen die Sinhalese meerderheid van Sri Lanka is weliswaar ‘n ongelukkige voorbeeld van ‘n gewapende opstand wat in ‘n neerlaag geëindig het. Maar dan is daar talle internasionale voorbeelde van suksesvolle nasionale bevrydingsoorloë.

Slowenië het byvoorbeeld in Junie 1991 ‘n geslaagde onafhanklikheidsoorlog van slegs tien dae teen die ou sentrale regering van Joego-Slawië geveg – met ‘n baie swakker weermag en téén die wense van die VSA en die EU wat nie wou hê dat die Slowene onafhanklik word nie.

Slegs 18 Slowene is in die gevegte dood en 182 is gewond, wat waarskynlik ‘n geringe prys is om vir vryheid te betaal.

Hierteenoor is 30 000 tot 40 000 Afrikaners sedert 1994 vermoor en honderde duisende is beseer, verkrag of beroof. Die prys wat sogenaamde demokrasie en die multikulturele samelewing van ons eis, is veel hoër as wat die Slowene vir vryheid en onafhanklikheid betaal het.

Die reg op selfbeskikking (en grondgebied) kom ons toe

Posted by Dan Roodt | Briewe en polemieke | Donderdag 14 Januarie 2010 10:27 pm

PRAAG-KOERANT

Beste Ilze,

In antwoord op jou ope brief:

Soms kry ‘n mens die indruk dat jy vir die bekeerdes preek, want die meeste Afrikaners wat ek deesdae teëkom, stem met my saam dat die land tans in ‘n erge toestand verkeer, dat ons regte vertrap word en dat ons iets daaraan moet doen. Selfs mense soos FW de Klerk en Pik Botha wat deel van die NP-span was wat in 1994 in hul wysheid alle mag – waaronder beheer oor die weermag en polisie – aan die ANC oorgedra het, meen deesdae dat hulle nie so “maklik moes ingegee het nie” en dat die hele ding dalk anders kon verloop het.

Ook jy vermeld, nogal eufemisties, in jou ope brief: “Ja, daar is probleme.” Maar dan doen jy aan die hand dat “ONS” (nogal met hoofletters) as’t ware die rol van die staat – “hulle” staat, maar wat ons in ‘n groot mate befonds – oorneem. Dan slaan jy oor in ‘n soort sendelingywer, soos Madonna of wafferse Hollywoodster wat bietjie liefdadigheidswerk in Afrika wil gaan doen, deur te sê: “Elke gesin in hierdie land wat oorvloed het, moet iemand (of ‘n gesin) help sodat die maatskaplike las nie so swaar druk op die regering nie.”

Marx en Engels het mos in hul Kommunistiese manifes geskryf: “Van elkeen volgens sy vermoë na elkeen volgens sy behoefte.” Nelson Mandela het in die vroeë sestigerjare insgelyks dié beginsel beaam in sy pamflet How to be a good communist. Wat jy bepleit, is dus ‘n soort vrywillige sosialisme of kommunisme waar ons as’t ware ons middele saamgooi “om die armes te help”. Ook Marida Fitzpatrick van Beeld het op ‘n stadium geskryf sy gaan nou swart babas help grootmaak by ‘n kinderhuis iewers aan die Oos-Rand. Ongewenste swart babas wat deur hul ouers verwerp word en as weeskinders opeindig wat deur die staat, die kerke of “ONS” versorg moet word.

Hierdie kwessie van armoede en swart weeskinders interesseer my ook. Ek het ‘n swart vriend Meshack Mabogoane wat van mening is dat die ANC se stelsel van kindertoelaes “meer armoede en verontmensliking veroorsaak as enigiets wat onder apartheid gegeld het”.

Jy klink na ‘n baie morele, Christelike mens wat vir my ‘n sedeles wil leer oor rassisme en sonde. Maar wat van die hierdie hele, baie sondige, bestel, wat juis weggooibabas by die duisende produseer omdat jong meisies van dertien, veertien jaar oud kindertoelaes betaal word? In die praktyk kom dit daarop neer dat meerderjarige swart mans hierdie meisies statutêr verkrag om hulle swanger te maak ter wille van ‘n kindertoelaag wat deur die staat in sy sosialistiese/kommunistiese waansin uitgedeel word. Meshack Mabogoane tipeer dit as ‘n “misdaad teen die mensdom” wat besig is om die land plaas te vind.

In die Bybel staan daar mos dat dit ons plig is om die sonde te beveg. Maar wat jy beoog, is nie om hierdie bose, sedelose, korrupte bestel te verander of ten minste daaruit pad te gee nie, maar om die simptome daarvan te probeer verlig deur allerlei liefdadigheidsaksies of vrywillige werk om hierdie bose staat se bose beleid wat net tot geweld en ellende lei, op een of ander manier te verlig en te onderskraag.

Die ANC se kiesers, hulle wat al om die vyf jaar kriminele instem soos Winnie Mandela en die honderde ander wat hulle aan bedrog teen hul eie parlement tydens die sogenaamde reisskandaal skuldig gemaak het, verkies – so lyk dit my – hierdie geweld, korrupsie en ellende waarvan ons elke dag in die koerante en op die internet lees.

Deel van hierdie ANC-program wat deur die sogenaamde meerderheid in elke verkiesing ondersteun word, is die onderdrukking van die minderheid, veral die Afrikanerminderheid en sy taal, identiteit en fundamentele regte wat deur internasionale konvensies verseker word. Waar is ons regte op moedertaalonderrig, billike regspleging, beskerming teen die geweldselemente, asook ons reg om gelyk behandel te word as dit by opvoeding en ekonomiese kanse kom? Om elke hoek en draai word daar teen ons gediskrimineer of word ons as intellektuele slawe uitgebuit wat die werk doen terwyl ander die erkenning – en die inkomste – daarvoor geniet.

Ná alles, afgesien van ‘n paar liefdadigheidsaksies waarvoor jy miskien die tyd en die geld het – baie ander het dit nie – wat is jou oplossing vir ons probleem? Soos iemand dit onlangs gestel het: “As jy weet die Titanic is besig om te sink, gaan jy in die reddingsboot klim of nie?”

Jy beskryf jouself as ‘n “Suid-Afrikaner”. Indien jy kan identifiseer met dit wat Suid-Afrika geword het, ‘n rampokkerparadys met ‘n kultuur van grypsug en vername politici of sogenaamde “bemagtigdes” in swart voertuie wat die res van die pad afdruk, openbare fondse bestee asof dit aan bome groei, dan is dit jou goeie reg. Maar gun ons ander, wat verskrik en verbyster staan voor die hel en aakligheid van hierdie “nuwe” Suid-Afrika, om ‘n ander pad – ‘n uitweg uit die doodloopstraat – te kies.

As dit kom by die Afrikaner se aansprake op grondgebied, kan ek nie sien waarom ons teenoor die ander groepe moet terugstaan nie. Weer eens, dis nie my styl om politiek met Bybelversies te meng nie, maar as jy so hoog opgee oor jou Christelike beginsels, wat het geword van die gelykenis van die talente? Die slaaf wat vyf talente ontvang het, het daarmee gewoeker en nog vyf verdien. Maar die slaaf met net een talent wat niks daarmee uitgerig het nie, aan hom sê die meester in Matteus 25:29-30: “Aan elkeen wat het, sal meer gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word. En gooi die nuttelose slaaf uit in die diepste duisternis daarbuite. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.”

As ons nou die gebiede wat deur Afrikaners in die land besit en verwerk word, vergelyk met die swart gebiede, die Transkei, die ou Republiek van Venda, asook Kwazulu, is die verskil soos dag en nag. Feitlik al die plase wat onlangs in die naam van grondhervorming aan sogenaamde “nuwe boere” oorgedra is, het insgelyks klaaglik misluk. Ook onder die ANC se munisipale bewinde waar daar riool in die riviere loop, sowel as in die see sodat die hele Natalse Suidkus ‘n rioolsloot geword het, sondig hierdie regering nie juis teen God en mens deur hierdie mooi land vir altyd te bederf nie? En is dit nie die Afrikaner se plig, as Christen, om hom teen so ‘n bestel wat God se skepping so gruwelik verwaarloos, te verset nie?

Die Bybelse perspektief egter daargelaat. Niemand – nie eens die ANC of die SAKP wat ons regtig nie goedgesind is nie – sou kon ontken dat ons inheems aan hierdie wêrelddeel is nie, al behoort ons dan nie tot die meerderheidsras met sy snelle demografiese groei nie. Wie het Pretoria gestig, vernoem en ontwikkel? Was dit die Xhosa- en Zoeloehoofmanne, wat nou daar die septer swaai, of was dit die Afrikaner? Oor vele stede, dorpe en gebiede in die land kan ons aanspraak maak as die oorspronklike inwoners wat steeds oor kaart en transport op ons plase en huise beskik!

Regoor die wêreld was daar al situasies waar kleiner volke wat deur groteres oorheers en verdruk is op hul reg op selfbeskking aanspraak gemaak het. Veral sedert 1989 is daar talle voorbeelde: die ou Joego-Slawië wat in nie minder as nege state opgebreek het nie, die Baltiese state, asook die Oos-Europese lande wat hulself teen Sowjet-oorheersing uitgespreek het en afgestig het.

Die Internasionale Konvensie oor Burgerlike en Politieke Regte maak in sy eerste artikel voorsiening vir die reg op selfbeskikking:

“All peoples have the rights of self-determination. By virtue of that right they freely determine their political status and freely pursue their economic, social and cultural development.”

Van hier af aan behoort dit net te gaan oor die toepassing van hierdie beginsel. Daar is hoegenaamd niks in hierdie bestel waarmee Afrikaners kan identifiseer nie; vandaar die opsie wat ons nou uitoefen. Die enigste vraag wat oorbly, is waar die volkstaat is. Maar dit is presies waaroor die debat nou gaan en waaroor dit in 1994 ook moes gegaan het: watter deel van die land kom ons toe? Indien daar besware bestaan teen die gedeelte wat ons vir onsself opeis, wil ek graag hoor watter ander volke aanspraak op daardie gebied maak en op grond van watter dokumentasie sodanige aanspraak geskied.

Al wat van Suid-Afrika oorbly, is ‘n leë dop. Om te sê dat Brittanje dit in 1902 verower het en dat daardie veroweringsreg nou aan die ANC oordra – sodat daar vir ons geen grondgebied oorbly nie – is absurd, om die minste te sê.

Ons is ook moeg daarvoor dat, sodra ons op ons regte aanspraak maak, daar vir ons gesê word om Australië toe te emigreer. Die volgende persoon wat dit vir my sê, gaan ek vra om eerder Zimbabwe toe te emigreer.

Het die hele swart elite van die land, wat op 27 April 2004 by die Uniegebou in Pretoria versamel was, nie juis vir Mugabe toegejuig nie? Daarom is dit seker nie onbillik om van diegene wat ons Australië toe wil jaag te verlang om Zimbabwe toe te gaan nie.
Wat jou beskuldigings van rassisme betref, kan ek seker dieselfde afleidings oor jou maak. Immers impliseer jou voornemens om swartmense te gaan “help” dat hulle so hulpeloos is dat hulle nie hulself kan help nie.

Sedert ek ‘n student was, hoor ek ook al jare dat ‘n mens nie Afrikane met Westerse maatstawwe mag oordeel nie, omdat dit insgelyks “rassisties” is. Max du Preez is een van diegene wat meen dat die stamstelsel met sy bygeloof en bestaansboerdery wat ons voorouers hier aangetref het eintlik ‘n groot beskawing was wat ons s’n in baie opsigte oortref het.

Wanneer jy dus van die “probleme” in die land praat, gebruik jy eintlik ‘n Westerse en blanke oordeel. Die ANC en seker die meeste van die party se ondersteuners voel glad nie so nie en meen dat alles wat ons vandag ervaar ‘n groot verbetering op die ou stelsel was. Hulle sien glad nie die “probleme” raak wat jy vanuit jou wit, “rassistiese” perspektief eien nie.

Eintlik is ek en jy dus in dieselfde bootjie. Of liewer, in my geval is dit ‘n reddingsbootjie en in jou geval verkies jy om op die sinkende skip van die NSA aan te bly. Maar toemaar, die dag sal kom dat jy ook sal insien dat daar geen salf aan hierdie mislukte staat te smeer is nie.

As jy nie intussen vermoor is deur Suid-Afrika se troppe swerwende geweldenaars nie, sal daar wel vir jou in ons veilige, vooruitstrewende volkstaat plek wees.

Repliek op Chris Louw se laaste rubriek in Beeld

Posted by Dan Roodt | Briewe en polemieke | Woensdag 2 Desember 2009 2:47 pm

Ek was gister uiters geskok om dié nuus te hoor, aangesien Chris ‘n vriend van my was en ek nog onlangs met hom oor die telefoon gepraat het. Vir wat dit werd is, het ek ‘n reaksie op www.praag.co.za geskryf.

Maar ek stem saam met Rina hierbo dat Chris die volkstaatbegrip misverstaan. Dit gaan nie om ‘n suiwer blanke apartheidstaat nie, maar om ‘n Afrikanervolkstaat waarin:

1. Afrikaans die enigste amptelike taal sal wees met Afrikaanse skole, universiteite, howe, media, teater, ens.

2. Afrikaners in die meerderheid (70-100%) sal wees en dit baie moeilik sal wees vir nie-Afrikaners om burgerskap te verkry (‘n bietjie soos Switserland of Japan).

Die lewe in die volkstaat sal baie soos die lewe in die huidige Pretoria, Bloemfontein of Suidkaap wees, behalwe dat die openbare taal Afrikaans sal wees en dit veilig sal wees. Daar sal ook beter standaarde vir argitektuur, gesondheid en die omgewing wees.

Wie sal nie in so ‘n volkstaat wil bly nie? Ek dink Chris Louw sou homself gate uit geniet het in ‘n toekomstige Afrikaanse Republiek.

Ondersteun organisasies (soos PRAAG) en politieke partye (soos die Vryheidsfront), wat ‘n volkstaat nastreef.

Op 23 April 1994 het die ANC ‘n ooreenkoms met die Vryheidsfront geteken dat, indien daar genoegsame steun vir ‘n volkstaat is, dit toegestaan sal word. Dis moontlik om vreedsaam af te stig en ‘n goeie deel van die huidige SA te verkry, mits ons daarin glo en saamstaan.

De Klerk en Britte se orde stort in duie

Posted by Dan Roodt | Briewe en polemieke | Donderdag 23 Julie 2009 3:02 am

Dít wat Dan Fourie en Pieter Redelinghuys op LitNet my “fantasieë” noem, is dalk besig om gouer as wat selfs ek gedink het, te realiseer. Die byna landwye opstand teen die ANC wat in die swart woonbuurtes aan die gang is, toon dat hierdie orde wat FW de Klerk en sy Britse marionetmeesters op ons afgedwing het, besig is om in duie te stort.

Dié foto wat in Thokoza aan die Oosrand geneem is, druk dit alles baie mooi uit. Op die plakkate van die swart betogers staan: “AWB was better than ANC” en “We vote for better life not for worse. We live like pigs.”

Die tyd is nie meer ver dat die miljoene verarmde en verhongerde swartes in die land na Afrikanerregering gaan terugverlang nie. Ek identifiseer geheel en al met die frustrasies van die huidige revolusionêre beweging – en ek gebruik, anders as Theuns Eloff van Potch, André P. Brink of ander salonmarxiste nooit die woord “revolusionêr” ligtelik nie – wat besig is om in die swart woonbuurtes momentum te verkry. Volgens ‘n intellektuele swart vriend in Kwa-Thema naby Springs vind daar Saterdag ‘n massavergadering daar plaas. Ek is amper lus om dit self by te woon en die mense daar te vertel dat hoe gouer ons van dié korrupte groep plunderaars ontslae raak wat FW de Klerk en Robin Renwick, die destydse Britse ambassadeur, in 1994 oor ons aangestel het, hoe beter sal dit vir ons almal wees. My swart vriend noem hulle “gangsters” of skurke en ek dink nie daar is ‘n ander woord vir hulle nie.

Hierdie orde, al sy mooi beloftes van demokrasie en voorspoed ten spyt, is nie net tot op die been verrot nie, maar is ook werklikheidsvreemd. Tensy mens, soos die Britte, glo dat Zimbabwe eintlik ‘n sukses is omdat daar af en toe ‘n verkiesing plaasvind en daar ‘n anti-wit regering aan bewind is, kan niemand die ANC-orde meer ernstig opneem nie. Hoe op aarde gaan anti-wit rassisme, transformasie en regstellende aksie vir enigiemand – ook vir die breë massa swartes – welvaart en geluk bring?

Die tyd is ook haas nou ryp dat ons op ‘n volkstaat, wat deel van ‘n Suider-Afrikaanse konfederasie sal wees, moet aandring. Hoe gouer die betogers na die Uniegebou opruk en die spul waBenzi – wat die land met die De Klerk en die Britte se goedkeuring besteel – gaan uitsmyt, hoe vinniger kan ons tot werklike onderhandelings – pleks van die skyn van Kodesa – oorgaan en die ernstige probleme in Suider-Afrika begin aanspreek.

Die volkstaatdebat

Posted by Dan Roodt | Sonder kategorie | Vrydag 10 Julie 2009 1:56 am

afrikaanse_repSuid-Afrika, of Mzanzi, soos dit toenemend genoem word, ken nie eintlik meer politieke debatte nie. Daar heers ‘n gefabriseerde konsensus rondom die najaag van ‘n multikulturele sukkelstaat.

So ‘n week of wat gelede het ek ‘n klip in die bos gegooi rondom die idee van ‘n volkstaat vir die Afrikaner op die webblad LitNet, wat gewoonlik deur liberale of linkse briefskrywers oorheers word.

Reaksie het nie uitgebly nie en in die aanloop tot die huidige verkiesing is dit waarskynlik die enigste politieke debat wat daar tans gevoer word.Ek het verwag dat die opponente van ‘n volkstaat hulle op beginsels soos die eenheid van die Mzanziese nasie sou beroep, of die Afrikaner se morele agterstand by die res van die bevolking wat maak dat hy “verdrukking verdien”.

Tot my uiterste verbasing argumenteer die meeste teenstanders van die volkstaat vanuit die hoek van “mag is reg” en vind hulle die huidige bestel selfregverdigend: omdat die ANC die hef in die hand het, mag hy aan die Afrikaner voorskryf wat hy wil, hetsy op die gebied van taal en kultuur, hetsy deur rassewetgewing wat ons ekonomiese, opvoedings- en sportkanse beperk.

Hieronder volg my skrywes, asook enkele reaksies op LitNet:

Hoe die volkstaat gaan werk, Oom Daan Dan Roodt 4 Maart 2009

Kom ons praat bietjie verder as dagdrome en die kwasi-filosofiese geswymel oor vryheid en selfbeskikking (1) Krokodil 4 Maart 2009

Kom ons praat bietjie verder as dagdrome en die kwasi-filosofiese geswymel oor vryheid en selfbeskikking (2) Krokodil 4 Maart 2009

Die Afrikaner se luigatgeit, Bobbejaan Oom Daan 4 Maart 2009

Wat is die redes, Oester? Werner Pereira 4 Maart 2009

Hipotetiese situasie vir Oester Anton B 4 Maart 2009

Een vragie aan die tuislanders Albatros van Marion-eiland 4 Maart 2009

Gelukkig bly ek klaar in Dan Roodt se Volkstaat, Oom Daan Bobbejaan 5 Maart 2009

Volkstaat, O Volkstaat Johrné van Huyssteen 5 Maart 2009

Siener, jou onderbroek hang uit – en Albatros hang om jou nek Blou Makou 5 Maart 2009

Vraag of twee, Dan Roodt oester 5 Maart 2009

Volkstaat is nie vergesog, of stem VF Plus (1) Dan Roodt 5 Maart 2005

Volkstaat is nie vergesog, of stem VF Plus (2) Dan Roodt 5 Maart 2005